By Rooihuiskraal Dagsorg is ons hoofdoel om 'n veilige opvoedkundige omgewing vir u kind te bied sodat hulle hulle volle potensiaal kan bereik. Ons goed toegeruste perseel laat ons toe om voorsiening te maak vir alle ouderdomsgroepe. Ons het 'n volledige toegeruste babaklas, verskeie kleuterskoolgroepe en die beste geriewe vir nasorgkinders. U kan gerus 'n gratis besoek via die webtuiste reël.